Manifesto van ‘n Daggaroker

Met respek vir alle daggarokers

“Ek is ‘n daggaroker, ‘n trotse Suid Afrikaanse daggaroker .
Deur om dagga te rook soos wat ek wil is ek meer vry om te wees wie ek is.
In my geestelike lewe beskou ek daggakoppe
as die vrugte van ‘n heilige boom wat kennis bestee
en wat my toelaat om die stem van die Skepper van die Heelal te hoor.
Ek rook die “Ek Is Wie Ek Is” boom. Ek rook die boom van die Lewe.
Ek is ‘n lid van die Daggakultuur van Suid Afrika,
Ek is ‘n daggaroker.”

“Ek skend vir niemand nie as ek dagga gebruik.
Ek verwerp die wet wat se ek is ‘n verslaafde en ‘n misdadiger omdat ek dagga rook.
Ek dring aan op my vryheid en my regte
om dagga te plant, te oes, te verwerk, te eet, of rook,
en vir enige persoonlike doelwit te gebruik
solank ek ander mense se regte respekteer
volgens die Grondwet van ons land. ”

“Ek sal strewe na my regte om met dagga te handel
En om ‘n volhoubare dagga ekonomie in Afrika te stig
In ‘n manier wat ons Aarde sal respekteer en die nageslagte sal baat.
Ek sal dit doen deur om met ander daggarokers saam te werk en probeer help,
Ek sal daggasaad beskerm en plant,
Ek sal die Dagga Party van Suid Afrika in verkiesings steun.
en soos ek gese het,
Ek sal dagga rook soos wat ek wil. ”

deur BLAZE 1. 10 March 2008

2 thoughts on “Manifesto van ‘n Daggaroker”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.